top of page

Algemeen

​

 •Shalom Naskool skep ‘n omgewing waar leerders emosioneel geborge 

   en fisies veilig kan wees.

​

•Die personeel streef om ‘n positiewe ingesteldheid teenoor akademie en goeie studiegewoontes by leerders te kweek sodat hulle akademies hulle potensiaal kan bereik.

​

•Huiswerk is iets wat verantwoordelikheid van hulle vra en moet as ‘n ernstige saak beleef word.

​

• Leerders word dus begelei om in gestruktureerde studietyd huiswerkopdragte selfstandig te voltooi - hul eie werk met trots te doen.

​

•Die Naskool dien ook as ‘n omgewing vanwaar hulle buitemuurse aktiwiteite van hulle keuse kan bywoon.

​

•Hulle kry ook geleentheid om net lekker te speel sodat ouers met geruste harte in hul loopbane kan floreer.

 

Studietyd

Graad 4 tot 7

​

•Roetine laat kinders veilig voel en kweek selfdissipline.

​

•Daarom sal daar, selfs wanneer geen formele huiswerkopdragte gedoen moet word nie, nog steeds tydens studietyd aandag gegee word aan bv. lees of tafels voordat daar gespeel word.

​

•Daar word vooruit voorberei vir kwartaaltoetse – om sodoende tydsbestuur en studiebeplanning aan te leer; en stres by beide leerders en ouers te verminder.

​

​

 



Leerlinge​

​

Ma - Do Gr. 1- 3 -leerders doen hulle huiswerk onder toesig, 

  in hulle eie klassies saam met ‘n personeellid.

​

•Gr 4 - 7-leerders doen hulle huiswerk onder toesig, in hulle eie

  klasse met ‘n personeellid

​

•Vrydae word alle Grade wat huiswerk moet doen, in hulle  

 klasse gehuisves.

Off to School

Kontak ons:

0836445327

Teenagers in Library

Middag program

 

Aanmeld tye: Gr.1  - 3 13:10; Gr. 4 - 7 13:40

 

·Leerders meld direk 

 na skool by die naskoolsentrum 

 aan vir ete en 

 registerkontrole;

​

·Bevestig buitemuurse

 aktiwiteit/e indien 

 enige.

​

·Beweeg na

 huiswerklokale

​

·Naskool sluit om 17:30

ETES

 

•Etes word in die naskoolsentrum bedien.

​

•Leerders word van middagete voorsien.

​

•Leerders wie se buitemuurse program van so ‘n aard is dat hulle nie direk na skool kan eet nie, se ete sal geberê word.

 

•Hierdie leerders moet egter nog steeds direk na skool aanmeld vir registerdoeleindes.

bottom of page