top of page

Aktiwiteite

​

 

Leerders mag naskoolse aktiwiteite bywoon indien hulle ouers skriftelik toestemming gee.

Aktiwiteits-vorm is beskikbaar en kan by kantoor afgehaal word leerlinge word (sover moontlik)vergesel  deur ‘n personeellid na en van Aktiwiteite. 

  

Afhaal van Leerders

 

Leerder/s moet verkieslik by die naskoolsentrum afgehaal word. Leerder/s sal nie toegelaat word om by die hek of in die straat te wag nie.  Indien ‘n leerder/s huis toe stap, moet sodanige reëlings getref word en tye genoteer word.

   

Indien u nie self leerder/s kan kom haal nie, moet die naskool skriftelik in kennis gestel  word

​

Tye

 

Gedurende skoolkwartale 12:30 - 17:30.  Daar sal ‘n versuim fooi van R50.00 gehef word vir elke 15 minute na 17:30 as u kind nog nie teen 17:30 afgehaal is nie.

               

NEEM ASB KENNIS DAT SHALOM NASKOOL SAAM MET DEPARTEMENTELE SKOLE GESLUIT SAL WEES. Dit sluit alle openbare vakansie-skoolvakansie dae in.

Gedurende skoolvakansies 06:30 - 17:30 sal SHALOM NASKOOL teen addisionele kostes vir u gerief na u kind/ers omsien.

​

 Algemene termes en voorwaardes 

 

 Die naskool aanvaar geen verantwoordelikheid  vir enige verlies en / of skade ten aan sien van enige leerder/s nie en vrywaar die ouer/s / voog(de) die naskool van enige verlies Of eise van welke aard ook al;

 

Alle ouer(s) / voog(de) sal gesamentik en afsonderlik aanspreeklik wees vir die vereffening van alle fooie ingevolge hierdie ooreenkoms.

​

​

​

Field Hockey Stick

Kontak ons:

​

083 644 5327

 

bottom of page